
MELKBESSIE
STILBAAI
01 Melkbessie
Ons huis, Melkbessie, is vernoem na die inheemse Witmelkhoutbome op die plaas. Melkbessie is sowat 2 kilometer per grondpad uit Stilbaai-Wes, geleë op die Duinekroon plaas. Melkbessie is omring deur melkhoutbome, beeste en skape.
​
Dis 'n ruim huis met dubbelglas vensters en 'n sonkragstelsel. Hier is baie parkering en privaatheid. Daar is selfoon ontvangs & wi-fi, maar geen TV nie - kom geniet die plaaslewe!
Die oopplan-kombuis, -eetkamer, en -sitkamer bied uitsigte oor die see en die plaas. Daar is 'n ingeboude binnebraai en groot stoep met 'n weber. Ons huisie het 'n ingerigte kombuis met 'n aparte opwaskamer, skottelgoedwasmasjien en wasmasjien. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, vierplaat gasstoof, handgemaakte breekware en eetgerei.
Daar is drie slaapkamers (twee met 'n dubbelbed en die ander een met twee enkelbeddens) met twee badkamers.
Die en suite-badkamer het 'n stort, 'n dubbelwasbak en 'n toilet.
Ons voorsien handdoeke en 'n twee weeklikse skoonmaakdiens.
02 Die Binnegoed
03 Hoe ver nog?
Afstand na die hoofstrand: 7km
Afstand na die Lapskuit lagoon: 4,5km
Afstand na die Spar sentrum: 2,5km

04 Wie is TeamPJ
Pieter en Jamie Kleinhans is opgewekte mense wat lief is vir die buitelug, berge en bergfietsry.
Pieter se ouers woon en boer op die Duinekroon plaas.
Melkbessie is ons wegbreek-huis wat ons graag met ander mense deel.
​
Vir enige verdere navrae kontak vir Jamie, slegs via whatsapp,
+61 (0)45 9616 304.